VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids

‘n getekende uitgawe van die mees omvattende fotogids tot Suider-Afrikaanse voëls.
VELD: Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids is ’n unieke kombinasie van sowel ’n boek as ’n app. Die skrywers – elkeen kenners op die gebied – bespreek in bondige, eenvoudige taal ál 991 verskillende voëlspesies wat tot dusver in Suider-Afrika aangeteken is, met spesifieke fokus op identifikasie.

Die nagenoeg 2 000 kleurfoto’s in die boek dui verskille in vere, geslag en ouderdom aan terwyl kaarte die migrasiestatus en verspreiding van elke voëlspesie aantoon.

Die app bevat nie net voëlroepe nie, maar ook 2 000 addisionele foto’s, en laat voëlkenners en -kykers dus toe om ’n unieke oudio-visuele ervaring te hê.

’n Noodsaaklike gids vir alle kenners en entoesiaste in Suider-Afrika.

ISBN: 978-1-92836-313-2

Die skrywers: Burger Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karin Wiesler

Kindly donated by:
Jonathan Ball Publishers

Website address:
www.jonathanball.co.za

'n getekende uitgawe van die mees omvattende fotogids tot Suider-Afrikaanse voëls.